Grootmotoriese vaardighede
Ons begin altyd hier — by beweging, balans en die styf-maak van klein lyfies. Die fondament waaropon alles gebou word.
Hierdie week ontdek ons maats hoe om gevoelens te noem, te herken en te deel. Ons praat oor wat dit beteken om mekaar lief te hê en versorg — by Palet, by die huis, en oral tussenin.
Kundig uitgewerk per ouderdomsgroep — begin by grootmotories, bou op na fynmotoriese en kognitiewe vaardighede.
Ons begin altyd hier — by beweging, balans en die styf-maak van klein lyfies. Die fondament waaropon alles gebou word.
Hande wat leer skryf, knip, rangskik en rig. 'n Stap wat kinders voorberei op die praktiese werk van die skoolreis.
Dink, vra, ontdek, herroep. Konkrete ervarings wat abstraksie moontlik maak.
Elke tema is doenbaar vir ouers uiteengesit — prakties en uitvoerbaar, in en om die huis.
Alles bou na een doel: 'n kind wat die "groot skool" met selfvertroue, nuuskierigheid en gereedheid tegemoet gaan.
Kleur, klank, ritme en verbeelding — 'n palet van ekspressie.
Kleuterskool is nie 'n plek wat net jou kind oppas nie, maar die begin van 'n reis saam met jou en jou kind. Oor die jare heen is Palet 'n plek waar jy maats maak vir 'n leeftyd.
No items yet.
Deel u gedagtes, vra 'n vraag, of kom 'n draai maak. Ons wil u ontmoet en vir u vertel hoekom Palet tuis voel.